Randfontein-laerskole reik uit na gemeenskap

Wenners van Ou Klere-projek word aangekondig.

Randfontein se laerskole het na die gemeenskap uitgereik tydens ‘n onlangse Ou Klere-projek.

Dié projek is deur Jessica du Preez van Laerskool Randfontein (Ram) onder die skole van Randfontein geloods omdat dit op haar hart gelê is om minderbevoorregte mense te help. Hoe dan anders as om die jeug van Randfontein in te sluit?

Namate die klere ingesamel is, het Jessica dit self vir babas, kinders en volwassenes gesorteer. Daarna het sy dit onder behoeftiges versprei.

Jessica het selfs gesorg vir pryse vir die leerlinge wat die meeste items ingesamel het. Na afloop van die insameling het sy die onderskeie skole gekontak en die pryse aan die wenners toegeken.

Ram het uitgeblink bo die res met die 1 269 items wat hulle ingesamel het. Die leerling wat die meeste ingesamel het, is Lanché Viljoen met 498 items.

Leticia Deysel, Ram se snoepietannie en koördineerder van die projek bedank graag vir Lanché se ma vir haar hulp en positiewe bydrae. Sy het die moeite gedoen om van die items te tel, te merk en in afsonderlike sakke te plaas, gereed vir aflewering.

Die volgende leerlinge is vir hul moeite beloon:

• Wenner: Lanché Viljoen – Graad 2 (51) met ‘n total van 498 items het ‘n Angry Bird geskenkpakkie ontvang

• Tweedeprys-wenner: Ayden de Beer – Graad 5 (2) met ‘n totaal van 115 items het ‘n R150 Spur-geskenkbewys ontvang

• Derdeprys-wenner: Chené Zeelie – Graad 5 (3) met ‘n total van 93 items het ‘n R100 Spur-geskenkbewys ontvang

Letitcia Deysel, Ram se snoepietannie en koördineerder van die projek wil graag almal bedank wat tot die projek bygedra het. Jessica beplan dus om die projek elke jaar aan te pak aangesien dit ‘n reuse sukses was en Letitcia sien daarna uit om dit jaarliks te ondersteun.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

Also read: 

Rappies gee om vir minderbevooregtes

Sjokolade aand vir minderbevooregtes

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button