Kies spelers wat honger is teen Iere

Die reeks teen die Iere is 'n geleentheid om met spelers te waag.

Daar is baie om oor opgewonde te raak na die aankondiging van die nuwe Bok-span vir die komende reeks teen Ierland, maar ek is ietwat bekommerd oor die beginspan wat Allister dalk gaan kies.

Die Leeus is tans welverdiend die beste SA-span en met ses van hulle in die groep kan ek nie sien hoe Allister hulle kan weglaat nie.

Ervaring kan mens nie koop nie maar ek voel die Bokke moet ‘n bietjie laat waai met spelers wat honger is. Die reeks teen die Iere is ‘n geleentheid om met spelers te waag. Ek verloor eerder teen die Iere as teen die All Blacks.

My beginspan lyk dus so:

Jesse Kriel
JP Pietersen
Lionel Mapoe
Jan Serfontein
Ruan Combrinck
Patrick Lambie
Faf de Klerk
Duane Vermeulen
Francois Louw
Jaco Kriel
Lood de Jager
Eben Etzebeth
Steven Kitshoff
Adriaan Strauss
Julian Redelinghuys

Exit mobile version