Bulls om te wen teen sy aartsvyand Stormers

Mens kry nie 'n beter rugbywedstryd as dié tussen die aartsvyande uit die Noorde en Suide nie.

‘n Voormalige All Blacks-speler wat onlangs gesê het SA-derbies is so vervelig soos bokmis kan gerus sy TV aansit wanneer die Bulls en Stormers mekaar Saterdag op Loftus Versveld pak.

In ‘n mate stem ek met hom saam. Die Cheetahs verras mens so nou en dan en is kompeterend, maar hulle het net nie skietgoed nie; die Haaie se spelpeil is so op en af soos orde in die parlement en ons almal weet die Kings hoort nie in Superrugby nie – hul uitslae spreek boekdele.

Vir my is die Lions al SA-span wat aantreklike rugby speel en een van twee SA-spanne is wat Nieu-Seelandse spanne kon wen.

So ja mnr Richard Loe, natuurlik is All Blacks-rugby ligjare voor die res van die wêreld maar vir my kry mens nie ‘n beter rugbywedstryd as dié tussen die aartsvyande uit die Noorde en Suide nie.

Vir Suid-Afrikaanse Rugby se onthalwe hoop ek Saterdag se wedstryd is nie teleurstellend nie want dan beteken hierdie brief en standpunt wat ek wil maak niks. Ek glo mens groot duikslae verwag, ‘n paar gebreekte ribbes, bloed op gesigte en so hier en daar ‘n gestampery (nie amptelike boksgeveg nie) asook baie drieë.

Kom ons kyk gou hoe die spanne teen mekaar opweeg (Bron:www.rugbydata.com).

• Wedstryde teen mekaar gespeel (slegs in Superrugby): 25
• Stormers aan die wenkant: 14
• Bulls aan die wenkant: 10
• Grootste Stormers-oorwinning: met 28 punte (38-10) in 2010
• Grootste Bulls-oorwinning: met 61 punte (75-14) in 2005
• Gemiddelde aantal punte wat elke span aanteken: Bulls 23 en Stormers 21
• My voorspelling: Dis Loftus en die Bulls ruik bloed nadat die Stormers hard moes veg vir ‘n gelykopuitslag teen die flou Sunwolves van Japan. Die Bulls is boonop weer terug by die huis na ‘n toer van drie weke in Australië. Hulle is net twee punte agter die Stormers op die punteleer en daarom kies ek die jong Bulls met 2 (22-20)
• Stormers-spelers om dop te hou: Eben Etzebeth (as hy gereed is), Cheslin Kolbe, Peter-Steph du Toit, Damian de Allende, Schalk Burger en Vincent Koch
• Bulls-spelers om dop te hou: SP Marais, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Lappies Labuschagne, Jannes Kirsten en Warrick Gelant (as hy gaan speel)

You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button