Is ons rugby in die moeilikheid?

Die gebrek aan toeskouers in ons groot unies se rugbystadions is veral kommerwekkend.

Ek dink beslis so. Gaan kyk maar hoe ‘vol’ die stadions in SupeRugby- en Curriebekerwedstryde is en na die talent wat oorsee gaan speel.

Moontlike redes hiervoor is die swak rand en die groot geld wat spelers buiteland toe lok … of is dit dalk transformasie?

Die gebrek aan toeskouers in ons groot unies se rugbystadions is veral kommerwekkend.

Toeskouers + spelers = rugby, anders is die sport nie lekker om na te kyk nie.

As ‘n gereelde rugbykyker het ek die afgelope naweek weer gesien hoe leeg Loftus Versveld was – ten spyte daarvan dat die Bulls vier wedstryde in ‘n ry gewen het.

Ek is beslis nie ‘n Bulls-ondersteuner nie, en as hul aartsvyand behoort dit my ook nie te pla nie, maar daar is tog ‘n groter prentjie.

Ons rugby is in die moeilikheid en iets moet daaromtrent gedoen word.

Stem jy saam? Sê jou sê by randfonteinherald@caxton.co.za

Exit mobile version