Is ons president se dae getel?

Hoeveel, dink jy, gaan hy uiteindelik terugbetaal en/ of hoeveel wil jy hê hy moet terugbetaal?

As ek en jy 120km/h in ‘n 80km/h sone ry, verwag ons om beboet te word. As ek en jy ‘n misdaad pleeg, verwag ons om toegesluit te word. As ek en jy nie ons huur betaal nie, verwag ons mos om uitgeskop te word.

Ongelukkig geld dieselfde vir jou ook, mnr die president.

Einde Maart is president Jacob Zuma beveel om die geld wat aan bepaalde ‘sekuriteitsopgraderings’ by sy huis in Nkandla in KwaZulu-Natal spandeer is, terug te betaal. Volgens Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het ‘n swembad, beeskraal, hoenderhok, amfiteater en besoekersentrum niks met sekuriteit uit te waai nie.

Die Grondwethof het in hul uitspraak gesê die president het daarin misluk om die Grondwet te verdedig en te respekteer, en dat hy die geld moet terugbetaal.

Hy moet dit binne 45 dae doen. 

Die president het toe in ‘n verklaring gesê hy gaan wel die geld terugbetaal. Nou is die vraag hoeveel? Verskeie dagblaaie het onthul dat R246 miljoen aan die nieveiligheidsverwante verbeterings by sy Nkandla-huis spandeer is.

Hoeveel, dink jy, gaan hy uiteindelik terugbetaal en/ of hoeveel wil jy hê hy moet terugbetaal?

Related Articles

Back to top button