Beter nuus oor Paasnaweek-padsterftes

Daar is wel groot kommer oor …

Dis nooit lekker om oor so iets te praat nie maar ek dink almal is tog bly dat die voorlopige syfers toon dat die getal sterftes op ons paaie oor die Paasnaweek in vergelyking met vorige jare gedaal het.

Volgens die Minister van Vervoer, Dipuo Peters, is daar ‘n 46 persent afname in padterftes – van 287 in 2015 tot 156 in 2016.

Daar is wel groot kommer oor die aantal motoriste wat vir buitensporige spoed (502) en dronkbestuur (913) gearresteer is.

Volgens Peters is ‘n motoris in Gauteng gearresteer omdat hy 206 km/h gery het. Die hoogste spoed wat in KwaZulu-Natal gemeet is, is 227km/h.

Die Herald wil graag weet waarmee jy en jou familie julle gedurende die Paasnaweek besig gehou het.

Stuur gerus foto’s en inligting na randfonteinherald@caxton.co.za

Exit mobile version