Betaal e-tol of …

Verwag 'n dagvaarding of die balju as jy e-tolskuld het.

Wie wou e-tol gehad het?

Ek en jy, of die regering? Terwyl ek dink die meeste van ons daarteen gekant is, het ek onlangs gelees dat jy gedagvaar kan word indien jy nie opdok nie.

Nee, ek grap nie.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het in ’n verklaring gesê mense wat verseg om hul e-tolskuld te betaal sal in die volgende paar dae siviele dagvaardings ontvang.

As dit nie erg genoeg is nie, het ’n dagblad onthul dat instellings en individue wat groot bedrae skuld selfs ’n besoek van die balju kan verwag.

Hoe voel jy hieroor? Het ons hiervoor gevra? Nou word daar sommer teen ons opgetree as ons nie betaal nie.

Se jou sê by randfonteinherald@caxton.co.za

Related Articles

Back to top button