EntertainmentLifestyle

In Khayelitsha is die Jane Does volop

’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. - See more at: https://www.randomstruik.co.za/books/slaafs/6087#sthash.qv6alMup.dpuf

Skrywer: Bettina Wyngaard

Meer oor die boek:

Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, “Ounooi” soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou.

Daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk?

Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld.

Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliesely en die hart aangryp.

Beskikbaar by selekteerde boek winkels

Related Articles

Back to top button