Skou was uit die boonste rakke

Welgedaan aan almal wat 'n bydra gelewer het.

Hoe lekker was vanjaar se Randfontein Skou nou nie?

Ek haal sowaar my hoed af vir ieder en elk wat ‘n stalletjie opgestel het asook die organiseerders.

Die kos was lekker, die musiek goed en ek het met ‘n paar sakke inkopies by die huis aangekom.

Die rugbystalletjies was natuurlik my uithangplek en gunstelling. Die spitbraai was uit die boonste rakke en wat is beter as ‘n yskoue verversing daarna.

Hoogtepunte vir my sluit in die warm weer, Karen Zoid, LazerShow, Air Show, Boerboel Skou, Bok van Blerk en pom-pom kompetisie.

Welgedaan aan almal wat ‘n bydra gelewer het.

Hoe het jy die Skou beleef? E-pos ons by randfonteinherald@caxton.co.za

Ons sal graag van u wil hoor.

Related Articles

Back to top button