Tyd vlieg as jy nie kyk nie

Nou is dit reeds Maart. Is dit nie skokkend nie?

Dit voel soos gister toe ons geskenke op Kersdag oopgemaak het.

Nou is dit reeds Maart. Is dit nie skokkend nie?

Vanjaar is daar vir my baie om oor positief te wees maar in dieselfde asem ook baie negatiewe dinge.

Ervaar julle ook dat Suid-Afrikaners besonder opgewerk en kwaad is?

Kan dit wees omdat mens die indruk kry dat die oneerlikes en onbevoegdes in die regering maak en breek soos hulle wil? Dan volg ‘n hele paar ander hul voorbeeld, sonder enige gevolge vir hulle.

Of kan dit wees omdat alles so duur is, en nog duurder gaan word?

Op ‘n positiewe noot is ek bly Super Rugby het afgeskop. Mens kan darem daaroor om die braai gesels eerder as politiek, rassisme en die hoë pryse. As die politici tog maar net hul neuse daaruit hou, kan almal dit geniet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button