Dié bom het Dinsdag gebars. Volgens talle dagblaaie benodig die kragreus glo R22,8 miljard van my en jou sodat sy boeke vir 2013-2014 beter kan lyk.
Elektrisiteitdiefstal, die koste van steenkool en die gevolge van besparing is glo die redes.
Verbruikers is juis briesend omdat Eskom-tariewe vanjaar met agt persent styg. Nou, omdat hulle boeke nie klop nie, vra hulle nóg ‘n 8,6-persent verhoging wat eers deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur moet word.
Wat dink jy? Sal ons dit kan bekostig?
Sê jou sê by randfonteinherald@caxton.co.za
You can read the full story on our App. Download it here.