Kragtariewe kan dalk verder skok

As Eskom sy sin kry, sal ons as verbruikers eersdaags 17 persent meer vir krag betaal.

Dié bom het Dinsdag gebars. Volgens talle dagblaaie benodig die kragreus glo R22,8 miljard van my en jou sodat sy boeke vir 2013-2014 beter kan lyk.

Elektrisiteitdiefstal, die koste van steenkool en die gevolge van besparing is glo die redes.

Verbruikers is juis briesend omdat Eskom-tariewe vanjaar met agt persent styg. Nou, omdat hulle boeke nie klop nie, vra hulle nóg ‘n 8,6-persent verhoging wat eers deur die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) goedgekeur moet word.

Wat dink jy? Sal ons dit kan bekostig?

Sê jou sê by randfonteinherald@caxton.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button