Januarie is klaar blou

Op my eerste amptelike werksdag vanjaar, 4 Januarie, het ek van die ergste stories gehoor.

Ons is skaars ‘n week in die nuwe jaar en al wat ‘n negatiewe ballon het al gebars.

Ek hoop dié wat kon het lekker gerus en is veilig terug by die huis. Voorspoedige nuwe jaar vir almal.

Vir my het die jaar maar op ‘n lae noot afgeskop.

Op sportgebied is die Proteas so kniediep in die moeilikheid in die kriekettoetsreeks teen Engeland dat mens te bang is om jou TV aan te skakel.

Op my eerste amptelike werksdag vanjaar, 4 Januarie, het ek van die ergste stories gehoor.

In Kuruman is ‘n man in sy 30’s gearresteer nadat hy glo ‘n agtjarige meisie verkrag het; in Noordwes is ‘n vyfjarige meisie deur haar ma se kêrel doodgeslaan omdat sy nie haar blaas kon beheer nie en in die bosse op ‘n strand in Durban is die liggaam van ‘n vrou in haar 30’s gevind.

Nou praat ek nie eers van die rassisme op sosiale media toe ‘n vrou swartmense op die strand as ‘ape’ beskryf het.

Dis nou eers vier dae die nuwe jaar in en dit lyk al klaar so.

Hoe gaan dit teen die einde van 2016 lyk?

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version