Borgtog vir moord?

Watse boodskap stuur dit aan mense wat die wet oortree? Eerlikwaar?

Ongeag wie dit is, stem ek nie saam dat so ‘n persoon borgtog moet kry nie.

Ek verwys spesifiek na die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius. Hy is verlede week eerder skuldig bevind aan moord en nie strafbare manslag soos die Hoogeregshof in Pretoria besluit het nie.

Op Dinsdag is hy toe op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Watse boodskap stuur dit aan mense wat die wet oortree? Eerlikwaar?

Nou wil die persoon ook nog die Grondwetlike Hof nader. In my opinie draai hierdie in een groot TV-drama.

Daar word te veel gekyk na die oortreder se regte eerder as die slagoffer.

My punt is dit. Daar is ook onlangs berig dat ‘n man sy vrou en twee kinders doodgeskiet het. Volgens hom het hy gedink iemand wou inbreek.

Lui dit ‘n klokkie …?

Exit mobile version