Aanval op Frankryk die begin van die einde?

Die onlangse terreuraanval op Frankryk in hul hoofstad Parys wat meer as 120 mense se lewens geëis het, is nie net hartseer nie maar kommerwekkend. Met die hele wêreld in rep en roer oor die tragedie is ek bevrees dit is waarskynlik net die begin. Ja, ons sit dalk hier doer onder in Afrika maar …

Die onlangse terreuraanval op Frankryk in hul hoofstad Parys wat meer as 120 mense se lewens geëis het, is nie net hartseer nie maar kommerwekkend.

Met die hele wêreld in rep en roer oor die tragedie is ek bevrees dit is waarskynlik net die begin.

Ja, ons sit dalk hier doer onder in Afrika maar daar is ‘n groter prentjie. Die prentjie word genoem ‘Die Derde Wereldoorlog.’

Ek lees ook dat sommige ontleders oortuig is dat die Apokalips – die einde van die wêreld – om die draai is. Sommiges glo vas die Islamitiese Staat (IS) sal betrokke wees by finale stryd tussen goed en kwaad.

In die Bybel in 2 Petrus 3:7 staan daar: ‘Maar deur dieselfde woord is die hemele en die aarde wat nou is, vir die vuur weggelê en word dit bewaar tot die dag van die oordeel en van die vernietiging van die goddelose mense.’

Gee jou mening by randfonteinherald@caxton.co.za

Related Articles

Back to top button