Is dit net elke ou vir homself?

Suid-Afrika se wiele val af In Krugersdorp is drie polisiemanne in aanhouding omdat hulle na bewering ‘n krimineel doodgeskiet het. In Kaapstad word ‘n polisieman van beweerde dronkbestuur aangekla nadat hy van die pad afgetrek is. Daar was boonop twee kindertjies in die kar. Die parlement lyk na ‘n groot sirkus waar dit net oor …

Suid-Afrika se wiele val af

In Krugersdorp is drie polisiemanne in aanhouding omdat hulle na bewering ‘n krimineel doodgeskiet het. In Kaapstad word ‘n polisieman van beweerde dronkbestuur aangekla nadat hy van die pad afgetrek is. Daar was boonop twee kindertjies in die kar.

Die parlement lyk na ‘n groot sirkus waar dit net oor eiebelang gaan. Intussen staak studente – die mense in wie se hande die toekoms van hierdie land veronderstel is om te wees.

Op sportgebied is daar ‘n gekerm oor die Springbok-span en sy vrot vertoning by die Wêreldbeker. Mense vergeet van die politieke inmenging. Kleur is glo belangriker as talent; dit in ‘n sport wat tot dusver die suksesvolste in die land se geskiedenis was. Hoor mens ooit dieselfde gemor oor die nasionale sokker- en krieketspan? Hulle haal nie eers die halfeindstryd van ‘n Wêreldbeker nie …

‘n Nuwe belaglike voorskrif is dat mens deesdae bewys van verblyf moet lewer as jy jou voertuiglisensie wil hernieu. Kom-ons-irriteer-die-motoris is mos baie makliker as om die eintlike sondebokke – trokke en taxis – vas te trek.

Mens kan sien die verkiesing om die draai want paaie word skielik links en regs opgeknap.

Mens kan ook nie kla oor die diens in die meeste supermarkte en ander winkels nie – want daar is geen diens nie.

Nou praat ek nie eers van die padongelukke, moord, aanranding, rooftogte, diefstal en seksmisdade – veral teen vroue en kinders – nie.

Wat gaan in dieremishandelaars se koppe aan, soos die een wat ‘n kat met ‘n panga aangeval het?

Wat het van menslikheid en medemenslikheid geword?

Of is dit ‘n geval van elkeen vir homself en die duiwel vir die res?

Related Articles

Back to top button