Jammer Bokke maar All Blacks net te goed

Die Bokke se nederlaag van 20-18 teen die magtige All Blacks die afgelope naweek was vir my glad nie ‘n verrassing nie. Ja dit is hartverskerend maar dit sou altyd die All Blacks gewees het. Krediet aan die Bokke wat hulle tot slegs sewe punte in die eerste helfte beperk het maar ons moes in …

Die Bokke se nederlaag van 20-18 teen die magtige All Blacks die afgelope naweek was vir my glad nie ‘n verrassing nie.

Ja dit is hartverskerend maar dit sou altyd die All Blacks gewees het.

Krediet aan die Bokke wat hulle tot slegs sewe punte in die eerste helfte beperk het maar ons moes in die begin van die tweede helfte beter gedoen het. Ons was daardie stadium 12-7 op en die All Blacks was ‘gerattle’. Hulle het ook ‘n speler in die koelkas gehad maar ons kon net nie verder voorkom nie.

Was dit miskien die wedstrydplan, swak beslissings of dat die All Blacks net te goed is? Miskien het ons hulle net te veel respek gewys voor die wedstryd afgeskop het.

Ons het in die tweede helfte doodeenvoudig ook nie rugby gespeel nie en gehoop drie punte hier en daar sal genoeg wees. Hoekom nie met die bal in hand hardloop nie bokke? Probeer ook ‘n bietjie die opponent verras met iets anders as net die geskop, gejaag en hoop-vir-die-beste benadering?

Kyk die All Blacks is nie verniet die nommer een span ter wêreld nie en dit het hulle weer gewys. Die veteraan Victor Matfield het ook alles mooi opgesom en was reg toe hy sê spanne vrees nie meer die Bokke nie.

Dit moet ons gou regstel …

Exit mobile version