Staan die Springbok ‘n kans teen magtige All Blacks?

Verlede week was die vraag of Wallis sterk genoeg sou wees om die Bokke te klop. Die antwoord is nee maar so byna het hulle dit reggekry ten spyte van hul lang beseringslys. Dit moes ‘n oomblik van briljantheid neem om die Rooi Draak onder te kry. Hierdie week is dit ‘n perd van ‘n …

Verlede week was die vraag of Wallis sterk genoeg sou wees om die Bokke te klop.

Die antwoord is nee maar so byna het hulle dit reggekry ten spyte van hul lang beseringslys. Dit moes ‘n oomblik van briljantheid neem om die Rooi Draak onder te kry.

Hierdie week is dit ‘n perd van ‘n ander kleur en vraag: ‘Kan die Bokke die ontmoontlike vermag en met die magtige All Blacks afreken?’

As mens op huidige spelpeil gaan is die antwoord beslis nee en behoort die All Blacks gemaklik te wen.

As ons net na die Bokke se jaar kyk is daar niks om oor huis toe te skryf nie. Die wenpersentasie van toetse is maar 55% – vyf seges uit die nege wedstryde wat ons gespeel het. Bygesê was drie van daardie oorwinnings (64-0 tn VSA; 46-6 tn Samoa en 34-16 tn Skotland) teen opponente nommer 16, 15 en 9 op die wêreldranglys.

Verder het ons maar gesukkel en teen onder andere NZ (27-20); die Aussies (24-20) en Argentinië (37-25) vasgeval. Die grootste skok was natuurlik die nederlaag teen Japan van 34-32 en die engiste oorwinning wat rerig uitgestaan het was teen Argentinië (26-12) weg van die huis af.

Die afgelope naweek se sege oor Wallis van 23-19 is ook nie vir my ‘n hoogtepunt nie want baie van hul topspelers het nie eers gespeel nie.

Talle sal stry en sê ja maar dit sê nog steeds Wallis op die telbord en ons is tog deur na die halfeindstryd. Ja ons het gewen maar aanstaande naweek wag ‘n gevreesde opponent, die All Blacks wie vanjaar met ‘n wenpersentasie van 90% spog. Hul enigste nederlaag vanjaar was weg van die huis af teen Australië (27-19) en hulle is die nommer een span in die wëreld sedert November 2009. Ons kon ook net die All Blacks twee keer in 10 kragmetings klop.

Maar, as daar een span is wat die All Blacks kan klop en weet hoe om hulle te klop is dit die Springbok.

Hopelik sien ons ‘n inspirerende laaste minuut skepskop van Pollard of Lambie soos Joel Stransky in 1995 of selfs ‘n onderskepdrie van Bryan Habana soos ons weet hy kan.

Die punt is dat die Bokke op hul beste gaan moet wees …

Wat dink jy? Staan die Springbok ‘n kans?

Exit mobile version