Wallis of Aussies in kwarteindrondte?

Wie wil jy hê moet ons speel?

Ondersteuners van die Springbokke kan nou bietjie rustiger gaan slaap nadat ons tot die kwarteindrondte van rugby se grootste skouspel gekwalifiseer het.

Drie weke terug sou niemand dink ons die paal sou haal nie na dai pynlike loesing van 34-32 teen Japan.

Die spoggerige oorwinning van 64-0 oor die Verenigde State van Amerika (VSA) was werklik ‘n goeie een. Wat goed was om te sien is dat die Bokke die volle 80 minute gespeel het.

Die opponent het ook 0 op die telbord gehad en spelers soos Eben Etzebeth, Lood de Jager, Duane Vermeulen, Bryan Habana, Damian de Allende, Schalk Burger, Francois Louw en Fourie du Preez was nie net op vorm en skitterend nie maar het die wedstryd voltooi sonder om ‘n besering op te doen – Ons kort dai manne op hul beste as ons enigsins ‘n kans staan.

Kom ons wees ook maar eerlik, die VSA was op die dag nêrens in die prentjie nie. Ek hoop rerig nie die Bokke vat die sege te veel kop toe nie.

Nou staan daar net nog drie spanne in die Bokke se pad vir Wêreldbeker-glorie.

Wie wil jy hê moet ons speel?

As ek so na sake kyk boer die beseringspook behoorlik by Wallis. Hulle het ook al drie taai kragmetings (teen die Engelse, Fijiane en Aussies) agter die blad in slegs ‘n kort tyd so dit sal ietwat beter wees om hulle te speel. Hulle gaan nie net moeg wees teen die tyd wat ons hulle speel nie maar daar is die vraag of die spelers wat die ervare en beseerde spelers vervang het die mas kan opkom.

Ja ons wil graag die Aussies wys wies baas maar kom ons kry hulle eerder in die eindstryd waar dit seermaak.

As ons dan met Wallis afreken sal ons heel waarskynlik koppe stamp teen ons aartsvyand die All Blacks – Dit is nou as die Iere of Franse nie ‘n haas uit die hoed pluk nie en die All Blacks op die dag verras nie.

Haal ons dan die eindstryd vind ek dit baie moeilik om te glo die Bokke sal geklop word.

Wie dink jy gaan die eindstryd haal?

Related Articles

Back to top button