Regering, polisie magteloos teen misdaad

'Daar word net nie genoeg gedoen om Suid-Afrikaners te beskerm nie.'

Die styging in geweldsmisdade in Gauteng skets ‘n donker prentjie en is kommerwekkend.

Volgens die misdaadstatistieke van April 2014 tot Januarie 2015 is dit duidelik iets moet gedoen word. Die regering en polisie se onvermoë om misdaad te bekamp is ook duidelik.

In Gauteng het moord met 10,2 persent gestyg, poging tot moord met 9,3 persent, roof (verswarend) met 14,1 persent, motorkapings met 14,4 persent, vragmotorkapings met 54,5 persent, huisrooftogte met 14,4 persent en besigheidsrooftogte met 6,4 persent.

Boonop is die nasionale polisiekommissaris, Riyah Piyega se pos waarskynlik in gedrang. Die groot vraag is: Wat gaan die regering omtrent hierdie tameletjie doen?

Die regering kan dit nie aanhou ignoreer nie en sal hul sokkies moet optrek. Suid-Afrikaners is al hoe minder veilig in hul huise, motors, in die winkels en in banke. Die statistieke jok nie.

Wat dinge nog erger maak is dat slegs een uit vyf gearresteerdes glo skuldig bevind word. Lede van die regerende party het al gesê dié wat nie tevrede is met die stand van sake in die land nie, moet maar hul tasse pak. Nou watse houding is dit mnr President? Daar word net nie genoeg gedoen om Suid-Afrikaners te beskerm nie.

Ek waag dit nie saans na 10 op die pad saam met my geliefde nie want dit is te gevaarlik. Ek besoek ook nie groot winkelsentrums oor naweke nie want sê nou ‘n paar gewapende rowers slaan toe.

Mens kan ook nie eers ‘n goeie nagrus kry nie want as jy ‘n geluid hoor, dink jy iemand breek in. Ek maak minstens vier keer seker dat alles gesluit is.

Daar moet drasties teen misdadigers opgetree word.

Is die doodstraf ‘n oplossing? Sê jou sê op randfonteinherald.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button