Enigiemand vir ‘n bietjie skoonmaak?

Die hele idee is om jou werk-, huis- of besigheidsomgewing skoon te maak en so te hou.

Die Herald daag die hele Randfontein uit om die omgewing by hul huis, plot of besigheid skoon te hou.

Caxton het onlangs ‘n nasionale skoonmaakveldtog geloots om die omgewing skoon te hou.

Wat die Wes-rand aanbetref het elk van die drie koerante se redaksiespanne, die Randfontein Herald, Krugersdorp News en Roodepoort Record op Dinsdagoggend (19 Augustus) losgetrek. Toe ons, die Herald weer kyk, het die munisipaliteit ook sommer ingespring en gehelp. 

Ek moet sê, ek haal my hoed af vir hierdie plaaslike munisipaliteitswerkers wat elke week met ‘n sak en handskoene staan en sweet om papiere op te tel. Dis nogal ‘n uitdaging.

Die hele idee is om jou werk-, huis- of besigheidsomgewing skoon te maak en so te hou. As elkeen dit kan doen, sal ons ‘n skoon dorp hê.

Ons daag dis kerke, besighede, skole, inwoners en almal in Randfontein uit om deel te wees van die inisiatief.

Skoonmaak begin tog by die huis. Hoekom moet ander mense my en jou gemors op tel?

Laat weet ons by randfonteinherald.co.za hoe en wanneer u beplan om ‘n omgewing skoon te maak.

Exit mobile version