Enigiemand vir ‘n bietjie skoonmaak?

Die hele idee is om jou werk-, huis- of besigheidsomgewing skoon te maak en so te hou.

Die Herald daag die hele Randfontein uit om die omgewing by hul huis, plot of besigheid skoon te hou.

Caxton het onlangs ‘n nasionale skoonmaakveldtog geloots om die omgewing skoon te hou.

Wat die Wes-rand aanbetref het elk van die drie koerante se redaksiespanne, die Randfontein Herald, Krugersdorp News en Roodepoort Record op Dinsdagoggend (19 Augustus) losgetrek. Toe ons, die Herald weer kyk, het die munisipaliteit ook sommer ingespring en gehelp. 

Ek moet sê, ek haal my hoed af vir hierdie plaaslike munisipaliteitswerkers wat elke week met ‘n sak en handskoene staan en sweet om papiere op te tel. Dis nogal ‘n uitdaging.

Die hele idee is om jou werk-, huis- of besigheidsomgewing skoon te maak en so te hou. As elkeen dit kan doen, sal ons ‘n skoon dorp hê.

Ons daag dis kerke, besighede, skole, inwoners en almal in Randfontein uit om deel te wees van die inisiatief.

Skoonmaak begin tog by die huis. Hoekom moet ander mense my en jou gemors op tel?

Laat weet ons by randfonteinherald.co.za hoe en wanneer u beplan om ‘n omgewing skoon te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button