EntertainmentLifestyle

Die spinternuwe omnibus van die top Afrikaanse romanskrywer, Helena Hugo

Bevat die drie boeke uit haar mees onlangse drieluik wat bestaan uit die drie gewilde titels, ’n Venster vir die son, Kind van die lig en Fontein vir ’n vlugteling.

Skrywer: Helena Hugo

Meer oor die boek:

  1. In ’n Venster vir die son, ʼn verhaal oor verhoudinge – nie net tussen man en vrou of man en kind nie, maar ook tussen God en sy Skepping – ontmoet die lesers vir die eerste keer vir Vita Shaw.
  2. In Kind van die lig is Vita se lewe in chaos gedompel toe die waarheid uitkom dat haar man, Robert Shaw, sy eie dood versin het om uit sy finansiële verknorsing te kom. Dit is ʼn verhaal van keuses wat mense teen wil en dank moet maak om te oorleef en die gevolge wat dit meebring. Dis egter ook ’n verhaal van liefde wat nuwe lewe kan bring.
  3. Fontein vir ‘n vlugteling is die laaste boek in die gewilde reeks oor Vita wat ’n slagoffer word van haar egosentriese man. Sal Robert en Vita mekaar weer kan vind en hul verlede agter hulle kan sit? Hierdie boeiende liefdesverhaal bied weer eens leesgenot uit die boonste rakke in tipiese Helena Hugo-styl.

Oor die skrywer:
Helena Hugo is ’n gewilde romanskrywer en het al verskeie fiksietitels die lig laat sien waaronder – Dit gebeur met ander, Die pad na Weerbegin, Die kleur van verlange en Want die liefde maak lig. Sy is ’n bekende naam in die uitsaaiwese en talle van haar radiodramas is al uitgesaai. Sy was ook al ’n aktrise, dramadosent en uitgewer. Sy is getroud met die akteur en oud-televisieregisseur, Henk Hugo. Hulle woon in Roodepoort.

Beskikbaar by CUM Booke

Related Articles

Back to top button