Dis heerlike lente, die winter is amper verby …

Ek weet nie van julle nie maar ek kan nie wag nie.

Ons almal ken die liedjie en oor ‘n maand sal al wat ‘n Suid-Afrikaner dit uit volle bors sing.

Ja die amper drie maande se yskoue weer waar ons tande kners, met drie baadjies moet rondloop en met niks minder as drie koppies warm sjokolade ‘n dag kan deurbring nie is amper iets van die verlede.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens strek die winter amptelik vanaf begin Junie tot einde Augustus. 

Kom 1 September is dit dan lente. Ek weet nie van julle nie maar ek kan nie wag nie.

Laat weet ons die Herald by randfonteinherald@caxton.co.za wat jy in die gemeenskap vir Lentedag beplan.

Related Articles

Back to top button