Skrywer: Stephan Joubert
Meer oor die boek:
Die Bybel in 366 dae vir mans is ideaal vir besige mans. Dit is ’n wonderlike geleentheid om in ’n jaar die essensie van die Skrif deur te lees met ’n oordenking deur gewilde outeur Stephan Joubert.
Teksgedeeltes kom uit die Nuwe Lewende Vertaling en is met sorg uitgekies sodat die kern van die Skrif weergegee word en elke dag se gedeelte ’n sentrale boodskap het.
Die Bybel in 366 dae vir mans sal mans help om te midde van baie druk steeds by die Vader uit te kom en daarmee saam ook die Bybel opnuut te ontdek.