EntertainmentLifestyle

‘n Oorwinningsgids vir enkelma’s

Jy is ’n enkelouer. Wat nou? Verstaan mense reg­tig waardeur jy gaan? Is daar iewers “tips” vir hier­die ding waarvan jy niks weet nie?

Skywer(s): Elize Parker & Magriet Smit

Meer oor die boek:

Dit is hoe Elize Parker, bekende radio-aanbieder, roman­skrywer en Huisgenoot-rubriekskrywer, en Magriet Smit, Me. Hoop SA 2015, albei gevoel het ná hul egskeidings. En uit hierdie behoefte is Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief gebore. Dié boek gee vir enkelma’s prak­tiese raad oor hier­die onbekende, en dikwels baie seer, pad.

Die boek bespreek praktiese temas soos: voor­siening, stabiliteit, hoop, verlies, dissipline, vergifnis, visie vir jou gesin, “tweehuise-sindroom” en identiteit.

Elke hoofstuk in Een cappuccino en ’n creme soda, asseblief sluit af met ’n oorwinningsgedagte om saam te vat en bied ook ’n kort Bybel­studie wat ideaal is vir groepbesprekings.

Hierdie boek is voorwaar ’n oorwinningsgids vir elke enkelma en bring net weer die bevestiging dat sy nie alleen is nie, want God sal haar nie hier­die pad alleen laat stap nie.

Beskikbaar by Cum Boeke

Related Articles

Back to top button