Springbok-logo nie op sy plek

Springbokke glo nie die enigste span met so 'n dilemma nie.

Gewoonlik as die Springbokke voor ‘n kragmeting met trots staan en die nasionale volkslied sing word daardie Springbok op die bors styf vasgehou.

Kom die Rugby Wêreldbeker in September is ek nie so seker nie. Dit lyk vir my spelers sal eerder hul arm vashou, want dit is waar die Springbok-logo op die trui sal wees.

Onlangs het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie die nuwe Springbok-trui onthul. Die nuwe borg is ASICS.

So lyk die Bokke se trui vir die Wereldbeker.
So lyk die Bokke se trui vir die Wêreldbeker.

Die probleem met die trui is as volg:

1. Die Springbok is kleiner as gewoonlik en op die mou op die linker arm, nie so prominent op die bors naby die hart waar dit eintlik moet wees nie;
2. Die nasionale wapen vir sport naamlik die Protea is eerder op sy plek;
3. Die borg se logo is dan in die middel en die RWC 2015 logo is op die regterkant van die bors, hoekom dit nie eerder kleiner gebruik op die arm nie – almal weet mos dit is Wêreldbeker-tyd.

Volgens SARU is daar wel ‘n verduideliking en is die Springbokke nie die enigste span met so ‘n dilemma nie.

Australië wat ook ASICS as borg het se Wallaby is ook op die mou op die linkeram en trui ‘n soortgelyke ontwerp.

Die Wallabies se trui.
Die Wallabies se trui.

Volgens SARU het die IRB glo ‘n beleid wanneer dit by Wêreldbekers kom. Die 2015 RWC logo moet glo voor op die trui kom, dan die land se nasionale sport logo en wat ook al borg.

Wat hierdie mense nie verstaan nie is dat spelers elke naweek hul lyf op die spel sit om ‘n Springbok- of Wallaby-trui aan te trek. Dit gaan oor die trots van die bokke, of Wallaby, niks anders nie.

As dit virewig die geval gaan wees kan hulle net sowel al Suid-Afrika se sportspanne die Proteas noem, net met verskillende nommers langs aan soos:

1. Krieketspan – Proteas 1
2. Netbalspan – Proteas 2
3. Sokkerspan – Proteas 3
4. Rugbyspan – Proteas 4

Sit jouself in Nieu-Seeland se All Blacks se skoene. Daar is nie ‘n manier dat dai silwer varing op die arm gaan wees nie want dai varing het baie betekenis, nes die Springbok en Wallaby. Dit beteken ook dan dat Engeland eerder hul rooi roos op die bors moet afhaal en een of ander kroon daar moet opsit, of die Franse wat die Haan moet skuif en vervang met die Eiffel-toring.

My punt is, regerings en borge ens weet nie waaroor dit gaan nie.

Die embleem is alles.

Related Articles

Back to top button