Wie ry 40km/h?

Daar is reeds so baie gevalle van padwoede en nou wil die regering hê mense moet nog stadiger ry?

Wie op dees aarde gaan by die spoedgrens hou as die regering môre aankondig ‘Nuwe spoedgrens van 40km/h in stedelike gebiede goedgekeur’?

Die publiek is reeds opgewerk oor die pryse van elektrisiteit en brandstof wat verhoog word, om nie eens te praat van e-tolls, beurtkrag en ander prysverhogings nie.

Paaie is reeds so besig, dit neem ‘n mens 20 minute om by jou naaste supermark uit te kom.

Kan die regering nie eerder geld bestee aan ondergrondse treine nie? Wat van fietse soos die mense in China gebruik?

Waar dit mens nou ‘n uur en ‘n half neem om in Sandton te kom, sal dit jou drie ure neem weens verkeer en die verminderde spoedgrens.

Daar is reeds so baie gevalle van padwoede en nou wil die regering hê mense moet nog stadiger ry?

Aan die eenkant kan dit ‘n goeie ding wees. Ek stem saam dat die 40km/h-spoedgrens naby skole kan werk.

Te veel kinders word raakgery deur motoriste wat jaag. Ander plekke waar dié spoedgrens goed sal werk is naby kuierplekke en winkelsentrums.

Hou die res van die paaie se spoedgrens dan 60km/h.

Anders as dit dink ek dit is belaglik.

Sê jou sê. Wat dink jy?

Related Articles

Back to top button