Bulls of Stormers?

Dis weer tyd vir twee van Suid-Afrika se magtigste rugbyspanne om koppe te stamp.

Dis weer tyd vir twee van Suid-Afrika se magtigste rugbyspanne om koppe te stamp.

Op Saterdag 25 April pak die Stormers die Bulls vir die soveelste keer op Nuweland in Kaapstad. Die Stormers het reeds een bladsy van die brag-regte dokument’ geteken deur die Pretorianers in Februarie op hul tuisveld 29-17 te verslaan.

Was dit nou nie mooi nie. Daar was meer madeliefies as disas maar nog steeds kon die disas wys wie’s baas.

Nou vir rondte 2…

Die stryd kom al ‘n lang pad en maak nie saak of dit ‘n vriendskaplike, Superrugby- of Curriebekerstryd is nie, albei spanne gee altyd alles. Dis net bloed wat spat, klipharde duikslae en aanskoulike aksie want nie een gun die ander daardie wenstatus nie.

Verwag dat die Bulls met ‘n plan en ‘n half gaan opdaag want hulle wil beslis nie twee keer teen hul aartsvyand verloor nie.

Vir die Bulls gaan dit oor ‘ons het die meeste Super-trofeë en julle het niks’ en vir die Stormers is dit “ons het die meeste Curriebekers, en julle is ver agter”.

‘n Kragmeting tussen die twee is soos tussen kat en hond of soos die Spartane wat nooit handdoek ingooi nie.

Vir wie jy ook al skreeu, moet nie die aksie misloop nie. Die kragmeting skop Saterdag 25 April om 7nm op Supersport 1 af.

Vir my is daar net een Provinsie, die Westelike Provinsie.

• My voorspelling: Stormers met drie (Stormers 19-16 Bulls)

Related Articles

Back to top button