Ons is trots op julle Proteas!

Volgende keer is dit ons beurt...

In ons naelbyt-loesing teen Nieu-Seeland in die halfeindstryd van die Wêreldbeker was die weer teen ons, die skare tot geluk.

Op die einde van die dag moet AB en die Protea-span die nederlaag op die ken vat en aanbeweeg.

Min mense het in die eerste plek gedink ons sou Sri-Lanka in die kwarteindstryd wen, maar ons het – en goed ook. Talle mense het toe gedink dat Nieu-Seeland oor ons sou loop maar dit was nie die geval nie. Laat ek jou sê as dit nie vir die reên was nie, het ‘n paar burgers van die land of the long white cloud lang trane gehuil want ons sou byna 350 gemoker het.

Ongelukkig is die woord ‘as’ verbrande hout.

Man dis hartseer en ek voel AB-hulle se pyn. Aan die positiewe kant kan die manne hulle kop hoog hou.

Moenie worry nie AB en Proteas-span, ons is trots op julle.

Volgende keer is dit ons beurt…

Related Articles

Back to top button