President neem niks ernstig op nie; hoekom moet ons?

As die President tydens ‘n vraesessie in die parlement lag as daar vir hom gevra word wanneer hy die Nkandla-geld gaan terugbetaal, moet jy weet daar’s groot fout. Hoekom moet ons as gewone landsburgers dan enigiets ernstig opneem? Ja Mnr Die President, jy kan soveel lag soos jy wil maar dink jy ooit aan die …

As die President tydens ‘n vraesessie in die parlement lag as daar vir hom gevra word wanneer hy die Nkandla-geld gaan terugbetaal, moet jy weet daar’s groot fout.

Hoekom moet ons as gewone landsburgers dan enigiets ernstig opneem?

Ja Mnr Die President, jy kan soveel lag soos jy wil maar dink jy ooit aan die nagevolge van jou optrede?

Miljoene mense dink waarskynlik nou, “Weet jy, ek sal nie belasting, verkeersboetes of skuld betaal nie want ons President doen dit nie”. Die probleem Mnr Die President is dat dit ongelukkig die voorbeeld is wat jy stel.

Dis ‘n geval van, “Ek voel vere en kan maak soos ek wil”. Die slegte nuus Mnr Die President is dat miljoene jou voorbeeld gaan volg, en ook soos jy daaroor gaan lag.

Kom ons wees ook maar eerlik Mnr Die President, R246 miljoen is nie ‘n grap of kleingeld nie.

Om alles te kroon het lede van die regerende party hande geklap toe Mnr Die President antwoord, “Waarom sê jy ek moet die geld terugbetaal? Jy weet nie eens hoeveel nie?”

Mnr Die President, as mens ‘n bietjie verder dink as wat jou neus lank is, sal jy besef die wêreld sien op ons neer.

Wanneer gaan die sirkus end kry?

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version