Suiwering in Suid-Afrika?

Ek het ‘n rukkie gelede na ‘n interessante fliek, The Purge gekyk. Die fliek speel af in 2022 en gaan oor ‘n regering wat in Amerika oorgeneem het nadat die ekonomie ineengestort het. Hulle het toe ‘n wet ingestel naamlik The Purge. Die ‘suiwering’ kom daarop neer dat alle misdaad een aand per jaar vir 12 uur wettig word. …

Ek het ‘n rukkie gelede na ‘n interessante fliek, The Purge gekyk.

Die fliek speel af in 2022 en gaan oor ‘n regering wat in Amerika oorgeneem het nadat die ekonomie ineengestort het. Hulle het toe ‘n wet ingestel naamlik The Purge. Die ‘suiwering’ kom daarop neer dat alle misdaad een aand per jaar vir 12 uur wettig word. Geen veiligheids- of mediese dienste word dan gelewer nie.

Die motief agter The Purge is glo om te verseker dat daar vir die res van die jaar min misdaad en geweld sal voorkom, maar dit is in werklikheid ‘n manier om bevolkingsgetalle kunsmatig te beheer.

Dit is wel net ‘n fliek maar in Suid-Afrika lees en hoor mens elke dag van moord, aanvalle en verskeie ander vorme van geweld teen mense – wat jou laat wonder of daar nie dalk ‘n soort ‘suiwering’ aan die gang is nie. Dit voel asof misdadigers die reg gegee is om soos in die fliek te doen wat hulle wil.

Volgens ‘n internasionale webwerf www.wonderlist.com is Suid-Afrika onder die top 10 lande ten opsigte van minstens twee ernstige  misdade. SA word beskou as die

  • agste gewelddadigste land ter wêreld
  • land (met ‘n bevolking van byna 50 miljoen) ter wêreld met die tweede hoogste verkragtingsyfer na die VSA wat ‘n bevolking van oor die 320 miljoen het

‘n Ander webwerf, www.whichcountry.co (https://www.whichcountry.co/top-10-countries-with-highest-crime-rate-in-the-world/) beskryf ook die top 10 lande met die hoogste misdaadsyfers. SA haal weereens die lys …

 

Related Articles

 
Back to top button