Superrugby amper hier

Ek weet nie van julle nie maar my hart klop tjoklits as ek die naam Super Rugby hoor. Dit laat my dink aan die Lion King-fliek waarin een van die hiënas sê: “Mufasa”. Kyk ek is nie skaam om te sê ek is ‘n Stormer nie. Ons vaar egter slegs goed op Curriebeker-vlak maar kan …

Ek weet nie van julle nie maar my hart klop tjoklits as ek die naam Super Rugby hoor.

Dit laat my dink aan die Lion King-fliek waarin een van die hiënas sê: “Mufasa”.

Kyk ek is nie skaam om te sê ek is ‘n Stormer nie. Ons vaar egter slegs goed op Curriebeker-vlak maar kan net nie daardie Superrugby-trofee wen nie. Elke jaar raak ek so opgewonde dat ons gaan goed vaar maar iewers val die wiele af. Al verloor ons al die wedstryde sal ek steeds my span ondersteun en ek hoop almal doen dieselfde.

Ek het oor die radio gehoor dat mense glad nie meer rugby wil gaan kyk nie want die kaartjies is te duur.

Een man van Blou Bul-land het ingebel en gesê hy weet ‘n mens betaal R100 vir jou gesin om te gaan sokker kyk, waar dit hulle R800 gaan kos vir rugby.

Aan die een kant is dit te verstane want, sokkerstadions is maar oor die algemeen dolleeg, behalwe as Pirates en/ of Chiefs speel. Die sport is dus nie so gewild wat bywoning betref nie; mense wil eerder op TV daarna kyk.

Met rugby is daar egter net iets spesiaal as mens self na die stadions toe gaan. Daar’s die bier, jou pelle en goeie pretbelaaide aksie vir die mans – die vroue gaan maar net saam om die spiertiere te bewonder.

Nietemin, of jy ‘n Bulls-, Lions-, Sharks-, Cheetahs- of Stormers-ondersteuner is, kom ondersteun ons manne. Die All Blacks kan wragtig nie alles wen nie. Die Aussies se Tahs het verlede jaar gewen so kom ons ondersteun wie ookal om SA se vierde titel ooit te wen. Die Bulls is al span wat dit nog kon regkry met drie titels. (Dit was nogal moeilik vir my om dit te erken.)

Province groete.

Exit mobile version