EntertainmentLifestyle

Hul stemme maak beurte om voor te staan, te ondersteun, en saam te smelt

Sy nuutste uitreiking, wat oorspronklik net toonsettings van Daniella Deysel se gedigte was en gedurende die opneem-proses in ‘n duet-album verander het

Liries is die album poëties en pragtig. Snedes soos “Is dit die aande van hand-in-hand en wandel of die geur van jasmyn en herinnering?”, “maar jy versamel wimpers en ryg ‘n hart van vlinders”, en “alles nader aan die son; nader aan jou; nader aan waar ek jou in die oë kan hou” bewys dat Deysel se taalgebruik en woordeskat net so beeldskoon en kragtig is as Chameleon s’n.

Hoewel die liefde gereeld ‘n verskyning maak, is dit ook nie die “ons het mekaar so oneindig lief”-tipe liedjies wat smeek om as duet verwerk te word nie. Dis ook nie juis pop-liedjies nie, hoewel dit nie heeltemal teen die genre vasskop nie. Dis onvoorspelbaar en poëties, en liriek-gedrewe eerder as oorwurm-materiaal.

Die twee stemme, saam met Fred den Hartog se musiekregie, skep ‘n nuwe klank vir Chameleon se ewig-veranderende verkleurmannetjie-agtige repertoire. Dis ‘n welkome volgende aflewering in ‘n fassinerende loopbaan, en hoewel dit genoeg is om gehore en radiostasies besig te hou vir ‘n jaar of twee, kan ek nie wag om te sien wat volgende kom nie. Is Daniella Deysel se solo album dalk oppad? Is dit nie hoog tyd dat Chris Chameleon weer sy eie woorde sing nie? Met sulke talent en sukses sal ons seker nie lank hoef te wonder nie…

Lys van liekies:

  1. Die Weerkaatsing
  2. Knop Knop
  3. Stukkie van Jou oe
  4. Versuim Versag
  5. Posduif
  6. Simmerson
  7. Jy maak Hier Nes
  8. Ek Volg Hopeloos
  9. Vorentoe Val Gesigte
  10. Aardskokke
  11.  Jy Leef Vorentoe
  12.  n Stilstaande Lig
  13. Dit is Al

 

Video snit van Posduif:

Related Articles

Back to top button