Waar’s die somer?

Dis al 2 September en daar is steeds ‘n byt in die lug. Veral in die aande, magtig man. As naweke kom is die vleis reg, die koelboks is vol en familie en vriende is reg vir die braai- en swemding. Maar ons mis iets – die regte weer want die aaklige winterkoue is nog …

Dis al 2 September en daar is steeds ‘n byt in die lug.

Veral in die aande, magtig man. As naweke kom is die vleis reg, die koelboks is vol en familie en vriende is reg vir die braai- en swemding. Maar ons mis iets – die regte weer want die aaklige winterkoue is nog met ons.

Ek meen ons het drie maande winter gehad en genoeg is mos genoeg.
Ek’t probeer uitvind wanneer dit bietjie warmer gaan word (spesifiek in Randfontein) en slaan my met ‘n nat vis, daar is ‘n lig aan die einde van die yskoue tonnel.

Die goeie nuus is dat temperature van vandag af (2 September) tot en met Sondag (7 September) met ‘n graad of twee sal klim, en dat daar vir dié tyd net sonskyn en geen reën voorspel word nie.

So lyk ons vooruitsigte: (Bron: Suid-Afrikaanse Weerdiens (www.weathersa.co.za)
• Dinsdag 20°C
• Woensdag 21°C
• Donderdag 22°C
• Vrydag 22°C
• Saterdag 24°C
• Sondag 25°C

Die slegte nuus is dat die minimum temperature steeds laag bly maar darem effens styg.
• Dinsdag 3°C
• Woensdag 3°C
• Donderdag 3°C
• Vrydag 3°C
• Saterdag 4°C
• Sondag 6°C

Komaan, somer! Ons is reg vir jou.

Related Articles

Back to top button