Hou maar die kerse byderhand

Die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit kan hulself blykbaar net nie uit die moeilikheid hou nie. Die munisipaliteit is nou al vir die afgelope twee jaar ver agter met betalings op hul Eskom-rekening en na gerugte het Eskom nou weer gedreig om die elektrisiteit af te sny. ‘n Oproep na die burgermeester se woordvoerder om duidelikheid oor …

Die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit kan hulself blykbaar net nie uit die moeilikheid hou nie.

Die munisipaliteit is nou al vir die afgelope twee jaar ver agter met betalings op hul Eskom-rekening en na gerugte het Eskom nou weer gedreig om die elektrisiteit af te sny.

‘n Oproep na die burgermeester se woordvoerder om duidelikheid oor hierdie saak te kry het nie veel vrugte gewerp nie, behalwe dat sy versuim om antwoorde te gee daarop dui dat die gerugte tien-teen-een waar is.

Die vraag is: Eskom dreig nou al vir twee jaar elke nou en dan om die krag af te sny. Sal hulle dit die keer doen?

Ons hou maar die gasbottels vol en die kerse byderhand net ingeval…

Exit mobile version