Egte verandering of politieke bog?

Met verkiesingskoors wat hoog loop lees ons week na week hoe plaaslike, provinsiale en nasionale politikuste mekaar die stryd aansê om die massas se stemme in hulle guns te probeer swaai. Die ANC belowe dit, die DA belowe dat, en die mense sit maar steeds in dieselfde booitjie as voorheen. Is die “verandering” waaroor al …

Met verkiesingskoors wat hoog loop lees ons week na week hoe plaaslike, provinsiale en nasionale politikuste mekaar die stryd aansê om die massas se stemme in hulle guns te probeer swaai.

Die ANC belowe dit, die DA belowe dat, en die mense sit maar steeds in dieselfde booitjie as voorheen.

Is die “verandering” waaroor al die politieke partye so gaande is deesdae werklik haalbaar?

Neem Bekkersdal as voorbeeld.

Die DA se Gauteng-Premierkandidaat Mmunsi Maimane het tydens die bekendmaking van hul nuutste TV advertensieveldtog in Bekkersdal groot beloftes aan die skare gemaak.

Alles van die hokslaning van korrupsie tot die verskaffing van behuising en werksgeleenthede is bestempel as die definitiewe gevolge van ‘n DA wen in Gauteng.

Is dit werklik so eenvoudig?

Ek glo nie.

Ongelukkig is niks ooit so eenvoudig nie. Die probleme in Bekkersdal mag dalk ‘n bietjie meer ingewikkeld wees as dié probleme in die tipiese voorstad, maar selfs die tipiese voorstad in Randfontein of Westonaria se probleme loop heelwat dieper as net die gereelde sny van sypaadjies en algemene opknapping.

Paaie is so vol gate dat dit eenvoudig nie meer reggemaak kan word nie en rioolstelsels is verouderd en nie opgewasse teen die hoeveelheid mense wat hulle dien nie. Dié is net twee van die probleme waarmee die tipiese woonbuurt sit.

Dit alles gaan honderde miljoene kos om reg te maak.

Wat wou ‘n area soos Bekkersdal waar daar geen ontwikkeling vir die afgelope 20 jaar was nie? Waar daar nie paaie is wat slaggate kan hê nie en waar daar in die eerste plek nie ‘n rioolstelsel is om van te praat nie?

Ek sou graag wou sien wat die politikuste se oplossing vir gewone voorstede is voordat ek eens dink aan wat dit sal verg om Bekkersdal leefbaar te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button