Egte verandering of politieke bog?

Met verkiesingskoors wat hoog loop lees ons week na week hoe plaaslike, provinsiale en nasionale politikuste mekaar die stryd aansê om die massas se stemme in hulle guns te probeer swaai. Die ANC belowe dit, die DA belowe dat, en die mense sit maar steeds in dieselfde booitjie as voorheen. Is die “verandering” waaroor al …

Met verkiesingskoors wat hoog loop lees ons week na week hoe plaaslike, provinsiale en nasionale politikuste mekaar die stryd aansê om die massas se stemme in hulle guns te probeer swaai.

Die ANC belowe dit, die DA belowe dat, en die mense sit maar steeds in dieselfde booitjie as voorheen.

Is die “verandering” waaroor al die politieke partye so gaande is deesdae werklik haalbaar?

Neem Bekkersdal as voorbeeld.

Die DA se Gauteng-Premierkandidaat Mmunsi Maimane het tydens die bekendmaking van hul nuutste TV advertensieveldtog in Bekkersdal groot beloftes aan die skare gemaak.

Alles van die hokslaning van korrupsie tot die verskaffing van behuising en werksgeleenthede is bestempel as die definitiewe gevolge van ‘n DA wen in Gauteng.

Is dit werklik so eenvoudig?

Ek glo nie.

Ongelukkig is niks ooit so eenvoudig nie. Die probleme in Bekkersdal mag dalk ‘n bietjie meer ingewikkeld wees as dié probleme in die tipiese voorstad, maar selfs die tipiese voorstad in Randfontein of Westonaria se probleme loop heelwat dieper as net die gereelde sny van sypaadjies en algemene opknapping.

Paaie is so vol gate dat dit eenvoudig nie meer reggemaak kan word nie en rioolstelsels is verouderd en nie opgewasse teen die hoeveelheid mense wat hulle dien nie. Dié is net twee van die probleme waarmee die tipiese woonbuurt sit.

Dit alles gaan honderde miljoene kos om reg te maak.

Wat wou ‘n area soos Bekkersdal waar daar geen ontwikkeling vir die afgelope 20 jaar was nie? Waar daar nie paaie is wat slaggate kan hê nie en waar daar in die eerste plek nie ‘n rioolstelsel is om van te praat nie?

Ek sou graag wou sien wat die politikuste se oplossing vir gewone voorstede is voordat ek eens dink aan wat dit sal verg om Bekkersdal leefbaar te maak.

Exit mobile version