Wie het die mag?

Randfontein is maar alombekend as ‘n bietjie van ‘n outydse dorpie waar streng morele waardes die orde van die dag is. Dog is daar kere wat mens wonder of hierdie outydsheid wat ons almal so hoog op prys stel nie soms ‘n bietjie ver gevat word nie. Neem byvoorbeeld die kwessie van die NG dominee …

Randfontein is maar alombekend as ‘n bietjie van ‘n outydse dorpie waar streng morele waardes die orde van die dag is.

Dog is daar kere wat mens wonder of hierdie outydsheid wat ons almal so hoog op prys stel nie soms ‘n bietjie ver gevat word nie.

Neem byvoorbeeld die kwessie van die NG dominee van Randpoort wat onlangs ‘afgedank’ is as gevolg van sy egskeiding.

Die Ring hou voet by stuk dat die leeraar nie heraangestel sal word nie, ten spyte van die feit dat die oorgrote meederheid van die gemeente daarop aandring.

Is hulle nie die mense wat die gemeente aan die gang hou met hul kerkbywoning en offerhande nie?

Behoort hulle nie ‘n sê in die saak te hê nie?

Is hierdie tipe outydsheid nie moontlik die rede dat NG kerke landwyd leegloop en die sogenaamde charismatiese kerke uit hul nate bars nie?

Wat is jou mening?

Stuur vir ons ‘n epos na randfonteinherald@caxton.co.za en word deel van die geselskap.

Exit mobile version