Ou Van’s skop Battle of the DJ’s af

Ou Van's Pub and Grill spog met 'n suksesvolle openingsaand van hul Battle of the DJ's kompetisie.

Ou Van’s Pub and Grill het op 6 Julie met hul Battle of the DJ’s kompetisie afgeskop en is baie opgewonde oor die res van die kompetisie aangesien die eerste aand van die kompetisie soveel aftrek geniet het.

Volgens die eienaar van Ou Van’s, Thinus Nortjé, het talle mense van die gemeenskap die geleentheid bygewoon om die eerste platejoggies te kom ondersteun.

“DJ Lu5mi het die geleentheid afgeskop en almal teenwoordig met sy puik talent kom vermaak.

“Die dansvloer was gevul met mense wat liedjie na liedjie saam langarm,” vertel Thinus.

“Die aand was ‘n groot sukses en ons sien baie uit na die volgende rondte van die kompetisie.”

Hy vertel verder dat daar elke Saterdagaand ander platejoggies sal optree as deel van die kompetisie.

Dié platejoggies staan dan ook die kans om groot pryse los te slaan.

Daar is nog spasie beskikbaar vir platejoggies wat aan die kompetisie wil deelneem.

“Maak gerus ‘n draai by Ou Van’s en kom haal ‘n inskrywingsform by die kroeg af,” vertel Thinus.

Die bestuur van Ou Van’s nooi ook die gemeenskap om die res van die kompetisie saam met hulle te kom geniet.

Exit mobile version