EntertainmentLifestyle

Die Kannie Warries gaan groot

Hulle is vroeër vanjaar vir 'n Ghoema genomineer en dit lyk of hierdie groep nog ver gaan gaan in die musiekindustrie.

Die Kannie Warries Dansorkes bestaan uit ses lede en elkeen glo dat hulle geseënd is om saam in dié energieke orkes te kan optree.

Die orkes het al by verskeie groot geleenthede opgetree en selfs al die eer gehad om die verhoog met bekende sangers soos Manie Jackson, Leanie May, Zak van Niekerk, Wicus van der Merwe en Sorina die Flooze te deel.

Die orkeslede is Oubaas Joubert – ritmiese-basspeler, Danie Heunis – basskitaarspeler, Rudi Jooste –kitaarspeler, Jurg Basson – banjospeler, Ria West – ritme kitaarspeler en Marius van der Merwe wat die dromme laat raas.

Alhoewel die Kannie Warries meestal boeremusiek speel, is hulle ook gaande om so af en toe ‘n lekker rock-‘n-roll nommertjie te tokkel.

Elke lid van dié energieke boereorkes geniet dit vreeslik om musiek te maak en sien dit as ‘n voorreg om hul talente te gebruik om ander mense se dag op te helder.

Hulle is vroeër vanjaar vir ‘n Ghoema genomineer en dit lyk of hierdie groep nog ver gaan gaan in die musiekindustrie.

Vir meer inligting, skakel gerus die orkesleier, Jurg Basson by 073 432 6928.

Related Articles

Back to top button