Riebeeckrand sit vir Bekker ore aan!

Dit was 'n goeie dag op die sportveld vir Riebeeckrand, veral in rugby en netbal, toe hulle onlangs met Bekker swaarde kruis.

Hoërskool Riebeeckrand het goed gevaar in verskeie sportsoorte toe hul kragte teen Hoërskool Bekker gemeet het.

Cappie wat saam die meisies dans by Hoërskool Bekker. Foto ingestuur.
Roelf van den Berg. Foto ingestuur.

Also read: Rappies-leerders lus vir rugby en netbal

Skoolwoordvoerder Carina Collins het vertel dat met beide die rugby en netbal het Riebeeckrand al hul wedstryde op Saterdag, 11 Maart, gewen. In hokkie was hulle ongelukkig drie keer aan die verloorkant.

Dalu Ndlovu. Foto ingestuur.
Ntokozo Ncama. Foto ingestuur.

Also read: Teine ends year with touch rugby tournament

“Op die dag het selfs Riebeeckrand se gelukbringer, Cappie, die gehoor op hulle voete gehad. Dit was ook interressant om te sien hoe Cappie en Bekker se ‘Bulletjie’-gelukbringer mekaar heeltyd uitgedaag het. Die twee het veral gesorg vir vele pret gedurende halftyd toe die eersterugbyspanne swaarde kruis.”

Carina het vertel dat Riebeeckrand trots is op hul spelers en sien uit na wat die res van die seisoen vir hulle gaan inhou.

Exit mobile version