School sportSport

Ongeveer 20 Rappies-leerders presteer in Wes-Rand skaaktoernooi

'Ons leerders was bevoorreg om aan hierdie skaakkompetisie deel te neem en dit is hierdie ondervinding wat Rappies-skaakspelers laat uitstyg' – Skoolwoordvoerder.

Sowat 20 leerders van Laerskool Rapportryer het onlangs aan ‘n skaaktoernooi deelgeneem by Randfontein High School wat deur Wesrand-skaak aangebied is.

Also read: Teach your child to play chess with these easy moves

Mikayla Croukamp. Foto ingestuur.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat deelname nie beperk was tot skole nie maar enige skaakspeler aan die Wes-Rand. Daar was juniors, seniors en ‘n ope-afdeling waarvoor spelers kon inskryf.

Also read: Cornerstone hosts West Rand Chess tournament

Ethan Rourke. Foto ingestuur.

“Dit was weereens ‘n goed georganiseerde toernooi, alles te danke aan Easy Tshabadira.”

Almal het goed presteer en die volgende plekke behaal:

o10:

• 11de – Nihann van Wyk
• 9de – Richardt de Koker
• 8ste – Declan Laubscher
• 7de – Louryn Jordaan
• 5de – John -Andrew Kamffer
• 4de – Owen Grewar
• 2de – Zander Botha

o12:

• 28ste – Lana Benson
•26ste – Haley Fouche
• 25ste – Hans Willemse
• 23ste – Tihan Barnard
• 22ste – Jaden Arlow
• 19de – Nelco Geldenhuys
• 18de – Leandri Shaw
• 17de – Marli Jordaan
• 16de – Gean van Schalkwyk
• 15de – Kyle van Staden
• 8ste – Logan Tuck

o14:

• 28ste – Caitlin Fourie
• 22ste – Anro Geldenhuys
• 20ste – Juandre de Koker
• 18de – Ethan Rourke
• 14de – Shani Roos
• 13de – Reagan Jonker
• 12de – Hanno Human
• 9de – Dario Hearn
• 7de – AG van Schalkwyk.

“Baie geluk en dankie aan alle Rappies-skaakspelers en -ouers vir julle bydrae om Rappies-skaak te ontwikkel. Ons leerders was bevoorreg om aan hierdie skaakkompetisie deel te neem en dit is hierdie ondervinding wat Rappies-skaakspelers laat uitstyg.”

Related Articles

Back to top button