RAM-netbaldogters eindig tweede in Super-reeks

Die skool is baie trots op hierdie dogters wat so puik presteer het.

Laerskool Randfontein (RAM) is trots op hul o10-netbalspan wat puik gevaar tydens die Super-reeks finaal wat by Hoërskool Hugenote in Springs op Saterdag, 11 Maart plaasgevind het.

Lees ook: Gauteng West D2 athletics for two Westgold learners

Die span het tweede geëindig in die reeks.

Danielle van Rooyen, Willow Broodryk, Tlhalefang Mohutsiwa, Marinda Britz, Rolande Baker, Zelyna Pitter, Melica Pietersen, Ané Tromp en Mia Fouché. (Rethabile Phage is afwesig). Foto: Annie Nolan.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat die Gauteng Super-reeks bestaan uit 12 skole en die laerskole wat deel form van die reeks is Dalmondeor, Horison, Krugersdorp-Noord, President Steyn, Louw Geldenhuys, Vryheidsmonument, Muldersdrif, Jan van Riebeeck, Brentwoodpark, ML Fick, Elspark en RAM.

Lees ook: Vier RAM atlete nou deel van D2-span

“Die skole neem teen mekaar deel in ‘n informele liga, voor die groot ligawedstryde begin. Dit vind op sport- en kultuurgebiede plaas en die voorbereiding en ondervinding wat die leerders opdoen is waardevol vir die ontwikkeling van sport en kultuur.”

Tydens die Super-Reeks finaal het al 12 laerskole se netbal- en rugbyspanne deelgeneem en RAM se spanne het uitstekend gevaar.

“Dit was ‘n besonderse RAM-party by die Super-reeks finaal, maar nie een met son, see en sandale nie. Maar een met son, sweet en super netbal. Die o10A span het hulle lywe op die spel geplaas met ‘n intense en harde finaal. Ons kon ‘n tweede plek deur trek en het met trots en seer lywe die dag afsluit. Hierdie span van ons is reg om te veg vir ‘n belowende liga wat voorlê in 2023,” het afrigter Danielle van Rooyen vertel.

Exit mobile version