School sport

Riebeeckrand se ‘Robin Hood’

Riebeeckrand se Rikus Thiart het 'n sewende plek behaal onder 149 skutte tydens 'n kompetisie by Hoërskool Huggenote.

Hoërskool Riebeeckrand se talentvolle boogskut Rikus Thiart het op Saterdag, 25 Februarie sy skool en Randfontein se naam hoog gehou tydens ‘n kompetisie wat by Hoërskool Huggenote gehou is.

• Lees ook: Drie Ram-leerders haal provinsiale boogskietspan

Hy het 279 geskiet waar hy die 7de plek ingeneem het onder 149 skutte wat op die dag deelgeneem het.

Rikus het ook verlede Desember die SA Boogskietspan verteenwoordig waar hulle tussen vyf ander lande die eerste plek ingeneem het.

Dié kompetisie het by Witbank se Cambridge Academy plaasgevind op 10 tot 11 Desember.

Related Articles

Back to top button