Riebeeckrand blink uit by D2 in Noordheuwel

Agt atlete van Hoërskool Riebeeckrand het gekwalifiseer vir die provinsiale atletiekkampioenskappe na spog-vertonings by die D2.

Hoërskool Riebeeckrand spog met ‘n handvol atlete wat onlangs aan die D2-atletiekuitdunne by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem het.

Hulle is:

• Stephan Joubert – 1 500m langafstand (tweede plek)
• Dean Moolman – Spiesgooi (tweede plek)
• Delarey van den Berg – 200m (eerste plek) en 100m (tweede plek)
• Danika Viviers – Diskus (tweede plek)
• Liesl Pio – 400m hekkies (eerste plek)
• Pitso Lefosa – 400m kortafstand (tweede plek)
• Tshepang Motaung – 110m hekkies (tweede plek)
• Gontse Seatle – 400m (eerste plek) en 100m (tweede plek)

Volgens skool woordvoerder Carina Collins het agt atlete dus gekwalifiseer vir die provinsiale atletiekkampioenskappe.

Exit mobile version