Local sportSport

Teine-jeug skop nuwe jaar af met algemene vergadering

Voorsitter van die juniors by Teine, Riaan Eloff, sê 2022 was ‘n baie goeie jaar en hulle kan as 'n klub net groei.

SPORT:

Randfontein Rugbyklub het 2023 afgeskop met hul jeug-afdeling se jaarlikse algemene vergardering wat op Maandag, 9 Januarie plaasgevind het.

Also read: Teine ends year with touch rugby tournament

Tydens die aand was die beplanning vir die nuwe jaar bespreek en ook waar daar veranderinge gemaak gaan word.

Klubbestuurder Lulu Kleyn het die konstituering hanteer waar voorsitter van die juniorklub, Riaan Eloff, die finansiële verslag bespreek het.

Also read: Teine-rugbyspelers vereer vir uitmuntende 2022-seisoen

Riaan het gevra dat daar nou al gekyk moet word na borge vir vanjaar se truie. Hy het weer daarop klem gelê dat die juniors die ‘voer aar’ van die seniors is en daar moet meer betrokkenheid vanaf hulle kant kom.

“Die voorseisoen begin in April, Mei en Junie. April kan op Woensdae wees en gedurende Mei en Junie sal dit op Dinsdae en Donderdae wees. Daar is besluit dat die hoërskole moet konsentreer op fiksheid en die laerskole kan konsentreer op konditionering om dit vir hulle interresant te maak,” het Riaan gesê.

Riaan het vertel dat dit ‘n baie goeie jaar was en dat hulle as klub net kan groei.

Lulu het verduidelik dat die nuwe afrigters op ‘n ander stadium bekendgemaak sal word.

Related Articles

Back to top button