Sport

Croukamp-gesin spog met jukskei prestasies

Die Croukamp-gesin van Greenhills maak geskiedenis in Kroonstad en spog met hul jukskei prestasies.

Die jukskeigogga het onlangs die Croukamp-gesin gebyt en boonop presteer hulle in sport.

Keagan (7), Mikayla (14) en Michael Croukamp (19) het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Junior Jukskei-kampioenskappe in Kroonstad deelgeneem.

Volgens ma Elaine leef Keagan vir jukskei en is tans in Laerskool Rapportryer. Hy is verkies om Gauteng-Noord se o11-laerskolespan te verteenwoordig.

“Dit was Keagan en sy span se eerste jaar in Kroonstad en hulle het met groot harte gespeel. Hulle het selfs die voorreg gehad om teen Namibië se o11-eerste span op TV te verskyn. Keagan is die jongste lid in die unie,” het Elaine gespog.

Mikayla, wat verlede jaar ‘n graad sewe-leerder in Laerskool Rapportryer was, het saam met haar Wes-Randse spanmaats die Suid-Afrikaanse meisies o19 Akademieweek gewen.

Michael, wat in 2024 ‘n matriekleerder aan Hoërskool Riebeeckrand was, het die Gauteng-Noord o19-seunspan verteenwoordig en goud in die dubbelspelkategorie verower. Hy het ook vroeër in 2024 die o30 SA-toernooi en die Senior Akademiese Toernooi saam met sy spanmaats gewen.

“Dit was ‘n groot eer om al drie as gesin by Kroonstad saam te sien speel,” het Elaine afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button