Wat ‘n jaar vir Rappies skaak!

Rappies se skaakspanne het hul skaaktalente gebruik om 'n groot indruk by die Gauteng-kampioenskappe te maak.

Laerskool Rapportyer se skaakspanne het die skaakjaar met ‘n groot aanslag afgesluit.

Drie van die skaakspanne het vanjaar deurgedring na die Gauteng-kampioenskappe. Die kampioenskappe het op 4 Oktober in Germiston by Leeuwenhof Akademie plaasgevind.

Die o9-span het ’n vierde plek behaal terwyl die o13-dogterspan ’n sesde plek verower het. Die o13-seunspan het uiteindelik die 15de plek behaal.

“Ons sal volgende jaar weer die geleentheid aangryp en weer ons beste gee. Ons is baie trots op die skaakspanne wat vanjaar uitstekende vertonings behaal het,” het Harry Collins, afrigter, uitgespreek.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version