Sport

Landloop duo hardloop vir sukses

Ma en seun Cornelia en Stephen Joubert is landloopsterre.

Stephen en Cornelia Joubert is ‘n onverbeterlike ma-en-seun-kombinasie wat net hul beste gee om landloopkampioene te word.

Stephen (15) draf tans vir Hoƫrskool Riebeeckrand se o15-landloopspan uit.

Volgens hom het hy vanjaar reeds aan die Gautengse uitdunne deelgeneem. Stephen het ‘n besonderse vierde plek in die Gauteng Skole Landloopkampioenskappe behaal waar hy sy Gautengklere ontvang het. Hy neem op 28 September aan die SA Skole Landloopkampioenskappe in Kimberly deel.

In 2023 het Stephen met trots die titel Beste Atleet in die Skool vir Landloop ontvang.

Sy lojaliteit lĆŖ ook by klublandloop. Vanjaar is sy eerste keer dat hy klublandloop probeer het en hy het aan die Klublandloop SA-kampioenskappe deelgeneem. Hy het verder vertel dat daar ‘n totaal van 139 atlete was waarvan hy ‘n 19de plek behaal het.

Sy passie vir landloop het in graad een begin.

ā€œDie doel is om myself elke keer te verbeter. Dit is my grootste motivering,ā€ het hy gesĆŖ.

Moeder Cornelia is geen uitsondering nie. Sy is tans deel van die Bokserklub en oefen gereeld om haar doelwitte te bereik.

Sy het vroeĆ«r in September aan die SA Klublandloopkampioenskappe in die 10km senior afdeling vir vroue deelgeneem. Sy het ‘n skitterende sewende plek behaal. Haar span is as die beste landloopspan gekroon met ‘n tyd van 35 minute en 52 sekondes. Haar span het die temamedaljes vir die 10km Sentraal-Gauteng-wedloop gewen.

Cornelia het die SA Marathons vir drie agtereenvolgende jare (2014ā€“2017) gewen. In 2016 en 2017 was sy die SA Kampioen vir die 21.1km wedloop. Sy het reeds in Denemarke en Pole oorsee gehardloop.

Haar hart lĆŖ werklik in padwedrenne.

ā€œLandloop help my om beter in padwedrenne te presteer. Dit maak my sterker,ā€ het sy beweer.

Sy het ook onlangs ‘n sewende plek behaal tydens die SA Padwedren vir die 10km.

ā€œProbeer om deel te neem en aktief te wees. Dit hou jou jonk en gedissiplineerd,ā€ het sy afgesluit.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button