RAM se Daisies slaan ‘n ses in krieket

Die meisieskrieketspan van Laerskool Randfontein vat die krieketwêreld by die horings.

Laerskool Randfontein is trots op hul meisieskrieketspan wat vanjaar opslae maak.

Afrigter van die span Jean-Marie de Jager het verduidelik dat die span vanjaar gestig is deur Carla Neetling, een van die onderwysers by die skool.

“Die span was oorspronklik ons ??hoof, Leon Haupt, se blink idee en ek dink nie hy is vir ‘n oomblik spyt daaroor nie!”

Die span bestaan ??uit leerders van graad 4 tot 7 en selfs een graad 1 dogter.

“Die meisies is deel van ‘n amptelike liga. Hulle het tot dusver baie wedstryde gewen en ons is baie positief oor ons volgende wedstryde,” het Jean-Marie gesê.

Op 30 Augustus het hulle ’n wedstryd gespeel en dan wag nog een kragmeting op hulle.

Hulle beoog om in 2025 nog ‘n meisieskrieketspan te stig aangesien daar groot belangstelling van die meisies se kant was.

“Ons fokus is op vaardigheidsontwikkeling en gelyke geleenthede vir elke meisie. Ons weet wat die toekoms vir hulle inhou en dit sal rooskleurig wees. Hierdie meisies gaan van krag tot krag. Ons is baie trots op ons RAM Daisies!”.

Exit mobile version